Skip to main content

Oorsig van die mandaat en bedrywighede van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO)

Visie, missie en waardes

 

Visie

’n Welvarende en onpartydige samelewing wat in harmonie met ons natuurlike hulpbronne woon.

Missie

Om leierskap in omgewingsbestuur, bewaring en beskerming tot volhoubaarheid in die belang van Suid-Afrikaners en die globale gemeenskap te verskaf.

Waardes

Ons word aangedryf deur ons Passie as bewaarders en ambassadeurs van die omgewing, ons moet Proaktief wees en ’n innoverende denkwyse en oplossings tot omgewingsbestuur bevorder, gebaseer op ’n Mensgesentreerde benadering wat die noodsaaklikheid van Batho Pele erken, want dit is wanneer ons ons mense eerste stel dat ons dien met Integriteit, ’n belangrike bestanddeel in ’n hoë Prestasie-aangedrewe organisasie soos ons s’n.

 

Passie

  • Ons is passievol oor ons waardes en ons leef hulle in ons daaglikse aktiwiteite uit
  • Ons is toegewyd aan ons werk en doen meer as ons plig
  • Ons toon trots in ons mandaat, missie en visie
  • As bewaarders en ambassadeurs van die omgewing, lewer ons ’n diens van hoë gehalte aan die Suid-Afrikaanse publiek
  • Ons bou en bevorder ’n energieke en inspirerende werksomgewing
  • Ons bevorder en stel ons standpunte, boodskappe en reputasie met selfvertroue voor

 

Mensgesentreerd

  • Ons toon openheid en bereidwilligheid om by mekaar te leer en om ander te ondersteun in hulle poging om te leer en hulle sterkpunte uit te brei
  • Ons respekteer en waardeer elkeen se individuele vermoëns
  • Ons toon empatie wanneer ons met ander in wisselwerking is
  • Ons lê selfs in moeilike situasies ’n professionele en selfversekerde houding aan die dag
  • Ons oefen gesagsinvoer op ’n saggeaarde manier uit
  • Ons ondersteun en help mekaar
  • Ons bevorder ’n werk-lewe-balans

 

Integriteit

  • Ons neem ingeligte besluite om uitkomste te optimaliseer en om risiko te bestuur
  • Ons tree eties op, staan onetiese gedrag teë en stel dit reg
  • Ons laat eerlike gesprekke toe en verwelkom dit – Ons luister eers om mekaar te verstaan
  • Ons respekteer en waardeer alle individue, binne en buite die organisasie, vir hulle diverse agtergronde, sterkpunte, style en idees, ongeag hulle rang
  • Ons is eerlik en kom ons verpligtinge en beloftes na wat ons aan ander gemaak het
  • Ons dryf die DBVO se agenda, eerder as om eiebelang na te streef
  • Ons ondersteun ’n besluit sodra dit geneem word, en ons is ondersteunend en positief oor ander wanneer ons nie by mekaar is nie

 

Prestasie

  • Ons is gefokus op ons sleutelresultaatgebiede en gee aandag aan aktiwiteite wat die sukses daarvan vertraag of nie waarde daaraan toevoeg nie
  • Ons aanvaar aanspreeklikheid vir ons besluite, aksies en resultate
  • Ons werk as ’n span saam en benut mense se individuele sterkpunte ten einde ons uitkomste te beveilig
  • Ons het ’n positiewe gesindheid en streef daarna om vinnige resultate te lewer
  • Ons help ander om hulle bes te doen deur openlik terugvoer te gee en hulle individuele ontwikkelingsplanne te ondersteun
  • Ons betrek alle geaffekteerde individue by ons planne, doelwitte en besluite

 

Proaktief

  • Ons bevorder ’n innoverende denkwyse en oplossings
  • Ons gebruik die beste beskikbare wetenskap, kennis en praktyk
  • Ons het ’n oop gemoed, is gewillig om te luister en by ander te leer
  • Ons streef na verbetering en ons dryf en ondersteun verandering
  • Ons werk saam oor alle organisatoriese strukture en breek bestaande silo’s af
  • Ons werk saam met ons vennote en belanghebbendes, stel gedeelde doelwitte en streef dit na

 

Oorsig van die mandaat en bedrywighede van die Departement Van Bosbou, Visserye en die Omgewing

Die wetlike mandaat en kernbesigheid van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) is om Suid-Afrika se omgewing en natuurlike hulpbronne te bestuur, te beskerm en te bewaar. Die mandaat word gerig deur artikel 24 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (nr. 108 van 1996), wat almal die reg gee (a) op ’n omgewing wat nie skadelik vir hulle gesondheid of welsyn is nie; en (b) op die beskerming van die omgewing ter wille van huidige en toekomstige geslagte, deur redelike wetgewende en ander maatreëls.

Om aan hierdie grondwetlike omgewingsreg en die behoefte aan goeie omgewingsbestuur en volhoubare ontwikkeling uitvoering te gee, het die DBVO oor ’n tydperk ’n omvattende wetgewende/ reguleringsraamwerk oor omgewingsbestuur ontwikkel. Dié reguleringsraamwerk bevat parlementswette (omgewingsregte), regulasies, beleide, norme en standaarde en ander regulerende nutsmiddels wat daarop gemik is om praktyke ten opsigte van goeie omgewingsbestuur te bevorder om die omgewing tot voordeel van huidige en toekomstige geslagte te beskerm en te bewaar.

Benewens die ontwikkeling, implementering en voortdurende hersiening van ’n progressiewe reguleringsraamwerk vir goeie omgewingsbestuur is daar ander kritieke ingrypings ten opsigte van omgewingsbestuur deur die DBVO, insluitende om bewustheid van sleutelomgewingskwessies te verskerp en om ’n kultuur van omgewingsaktivisme onder gewone burgers te bevorder, kapasiteit in die sektor te bou, en nasionale, streeks- en globale vennootskappe te vestig en te verskerp om algemene omgewingsuitdagings te hanteer.

Die langtermynvisie van die DBVO is om “’n voorspoedige en regverdige samelewing wat in harmonie met ons natuurlike bronne woon”, te hê, soos in ons mediumtermyn- strategiese plan uiteengesit is. Om die sukses van hierdie visie te ondersteun, het die DBVO vyf strategiese doelwitte geïdentifiseer, soos volg:

  • Ekonomiese bydrae van die omgewing geoptimaliseer;
  • Omgewings-/Ekologiese integriteit bewaar en verbeter;
  • Sosiale verandering in ons gemeenskappe;
  • Globale agenda beïnvloed en verpligtinge nagekom; en
  • ’n Bekwame en doeltreffende departement.

Die DBVO is in nege begrotingsprogramme gestruktureer. Elke program streef na ’n stel geïdentifiseerde strategiese uitkomste, wat daarop gemik is om die verpligtinge van die DBVO tot die vyfjaar- strategiese plan na te kom en uiteindelik opeenvolgende vordering tot die realisering van die langtermynvisie van die DBVO te maak.

 

Programme, doele en strategiese uitkomste

Program 1: Administrasie 

  • Doel: Om strategiese leierskap, bestuur en ondersteuningsdienste aan die departement te verskaf
  • Strategiese uitkomste:
    • Goeie bestuur en voldoening aan wetgewende vereistes en doeltreffende finansiële bestuur
    • Verbeterde bydrae tot sosio-ekonomiese verandering en bemagtiging van voorheen benadeelde gemeenskappe
    • ’n Behoorlik vaardige en bemagtigde werksmag wat getransformeer is en verteenwoordigend is van Suid-Afrika se demografie ten opsigte van ras en geslag
    • Verbeterde menslikehulpbronkapasiteit van die sektor

 

Program 2: Regulerende voldoening en monitering van die sektor

  • Doel: Om die ontwikkeling van ’n bekwame wetlike regime en lisensiëringsgoedkeuringstelsel te bevorder wat toepassing en voldoening sal bevorder en koördinering van sektorprestasie sal verseker
  • Strategiese uitkomste:
    • Verbeterde voldoening aan omgewingswetgewing en vermindering van omgewingsbedreigings
    • Belynde reguleringsraamwerke vir omgewingsbestuur, stelsels, nutsmiddels en instrumente
    • Verbeterde menslikehulpbronkapasiteit van die sektor

 

Program 3: Oseane en kuste

  • Doel: Om strategiese leierskap van oseaan- en kusbewaring te bevorder, te bestuur en te verskaf
  • Strategiese uitkomste:
    • Bestuur van bedreigings vir omgewingsintegriteit en bewaring van ekosisteem
    • Versterkte koppelvlak tussen kennis, wetenskap en beleid

 

Program 4: Klimaatsverandering, luggehalte en volhoubare ontwikkeling

  • Doel: Om die hoofstroomontwikkeling van omgewingsvolhoubaarheid, lae koolstofemissies en klimaatweerstand en luggehalte in Suid-Afrika se oorgang na volhoubare ontwikkeling te lei, te bevorder, te fasiliteer, te beïnvloed, te monitor en te hersien
  • Strategiese uitkomste:
    • ’n Regverdige oorgang na ’n laekoolstofekonomie en klimaatsaanpasbare samelewing
    • Vermindering van bedreigings vir omgewingskwaliteit en menslike gesondheid
    • Internasionale samewerking wat Suid-Afrikaanse omgewings-/volhoubare ontwikkelingsprioriteite ondersteun

 

Program 5: Biodiversiteit en bewaring 

  • Doel: Om die regulering en bestuur van biodiversiteit-, erfenis- en bewaringsake op ’n manier te verseker om volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling te verseker
  • Strategiese uitkomste:
    • Bewaar, bestuur en volhoubare gebruik
    • Vermindering van bedreigings vir biodiversiteit
    • Beter toegang, regverdige en billike verdeling van voordele

 

 Program 6: Omgewingsprogramme

  • Doel: Om die uitgebreide openbarewerkeprogram en groenekonomieprojekte in die omgewingsektor te implementeer
  • Strategiese uitkomste:
    • Beter werkgeleenthede geskep en volgehou, met jongmense, vroue en persone met gestremdhede geprioritiseer
    • Ekosisteme gerehabiliteer en bestuur
    • Geïntegreerde brandbestuur
    • Infrastruktuur, aanpassing en vermindering van ramprisiko
    • Verbeterde menslikehulpbronkapasiteit van die sektor

 

Program 7: Bestuur van chemikalieë en afval

  • Doel: Om beleide en wetgewing ten opsigte van chemikalieë en afval te bestuur en te verseker dat dit ooreenkomstig goedkeurings, opdragte en ooreenkomste ten opsigte van chemikalieë en afval geïmplementeer en toegepas word
  • Strategiese uitkomste:
    • Vermindering van bedreigings vir omgewingskwaliteit en menslike gesondheid
    • ’n Voldoende bemagtigde plaaslike sfeer van die regering wat sy omgewingsbestuurfunksie doeltreffend kan uitvoer

 

Program 8: Bosboubestuur

  • Doel: Om die implementering van beleide en geteikende programme te ontwikkel en te fasiliteer om die bestuur van woude, die volhoubare gebruik en beskerming van grond en water en die bestuur van landbourisiko’s en -rampe te verseker
  • Strategiese uitkomste:
    • Volhoubare produksie van staatswoude
    • ’n Veranderde bosbousektor belyn met die meesterplan
    • Volhoubare bestuur en regulering van inheemse woude
    • Vermindering van bedreigings vir omgewingskwaliteit en menslike gesondheid

 

Program 9: Visseryebestuur

  • Doel: Om die volhoubaarheid, gebruik en ordelike toegang tot mariene lewende bronne deur verbeterde bestuur en regulering te verseker
  • Strategiese uitkomste: 
    • Doeltreffende en bekwame reguleringsraamwerk vir die bestuur en ontwikkeling van mariene en varswater lewende bronne (oseane, kuste, riviere en damme)
    • ’n Goedbestuurde visserye- en waterkultuursektor wat ekonomiese groei en ontwikkeling volhou en verbeter
    • Verbeterde sosio-ekonomiese toestande vir visvanggemeenskappe

About

We are professional and reliable provider since we offer customers the most powerful and beautiful themes. Besides, we always catch the latest technology and adapt to follow world’s new trends to deliver the best themes to the market.